Leer so ver as jy wat kan, dit sal altyd jou paspoort na nuwe wêrelde wees en deure vir jou oopmaak, asook onafhanklikheid bring in sy suiwer vorm, is die leuse van dr. Marcelle Mentor, ’n oud-Kapenaar en deesdae ’n dosent aan die Columbia Universiteit in New York. “My leuse was my verlossing in die struggle-jare van Suid-Afrika,” sê sy.
Die 50-jarige Marcelle het grootgeword op Macassar, naby Somerset-Wes in die Wes-Kaap en bly al vir 14 jaar in New York. Sy doseer opvoedkunde by die Teachers College aan Columbia Universiteit. Sy gee klas vir meesterstudente, koördineer die plasing van onderwysers in skole en is ’n adviseur vir doktorale studente.
“Ek is baie lief vir my werk,” sê die vrou met die krulhare en borrelende geaardheid. “Ek is opgewonde dat…
