Die oorerflike, lewensbedreigende siekte sistiese fibrose (SF) affekteer alle dele van die liggaam, maar die ergste is die longe en die spysverteringstelsel. Om daarmee saam te leef is baie moeilik, vertel twee Kaapse ma’s met kinders wat hieraan ly.
Volgens die Suid-Afrikaanse Sistiese Fibrose-vereniging tas die siekte verskeie organe aan soos die longe,, pankreas, lewer, niere en die spysvertering.
’n Defektiewe geen veroorsaak dat selle wat mukus maak, asook sweet en spysverteringvloeistof dik en taai is. Pleks dat dit ’n smeermiddel is, verstop die mukus die buise en kanale in die liggaam, veral die longe en pankreas.
Die siekte kan mense van enige ras tref en na raming leef ongeveer 700 mense in Suid-Afrika daarmee, maar dit kan meer wees omdat akkurate inligting nie beskikbaar is nie.
Dr. Marco Zampoli,…
