Om konfyt te kook is ’n gedeelde liefde oor baie kultuurgrense heen – baie se oumas of ma’s het dit gedoen of hulle geleer om dit te doen. En toe drie vroue uit verskillende generasies in 2014 die vrugtevervaardigingsmaatskappy FruitLips stig, sou hulle nooit kon raai dat hul produkte eendag in Woolworths, een van Suid-Afrika se grootste supermarkte, verkoop sou word nie.
Inteendeel al watt dié drie wou doen, was om die werkloosheid in hul omgewing hok te slaan en ook ’n doel te vind vir vrugteprodukte wat te lelik was om uit te voer.
FruitLips, wat geleë is in Piket-Bo-Berg in die Wes-Kaap op die plaas Achtervlei, is ’n vrugtevervaardigingsmaatskappy wat konfyt, marmelade, chutney, souse en ingelegde vrugte aan kleinhandelaars en supermarkte verskaf. Die besigheid het sedert 2014 gegroei…
