’n Mens weet nie altyd wat om te verwag wanneer jy ’n groot politieke figuur ontmoet nie, maar wanneer jy by Patricia de Lille (68) se kantoor in die parlement aan die hange van Tafelberg in die Kaap instap,, is dit asof jy by jou antie se voorkamer instap, hoewel miskien ’n bietjie deftiger.
Patricia verklap sy is ’n gereelde Kuier- intekenaar, voel deel van die Kuier-familie en die eerste bladsy wat sy lees, is Wenke! Veral vakansietye, ontspan sy graag met ou uitgawes van haar gunstelingtydskrif.
Dis moeilik om te glo dié fyn vrou kan die wêreld holderstebolder baklei wanneer sy in iets glo. En dat sy, ná elke teleurstelling en terugslag, net sterker en groter terugkom, selfs al is sy al op die ouderdom wanneer die meeste mense…
