HANDWERK & LEEFSTYL
Painted blossoms – Carrie Schmitt (F&W, R353)
Blomme is organiese en wonderlik vergewensgesinde voorwerpe. Dié boek leer jou al die basiese ontwerpbeginsels; hoe om stempels en patrone te sny; tegnieke om verskeie blomvorms te skep; wenke deur 12 kenners om ontwerp-elemente in blomskilderye te inkorporeer; en hoe om inspirasie uit jou tuin met jou gunstelingsimbole en -vorms aan te vul.
Playing with surface design – Courtney Cerruti (Quarry, R353)
Die projekte in hierdie boek sal eindelose inspirasie verskaf – of jy nou materiaal wil stempel, ’n marmer-effek wil skep, hout of klei wil ets of ’n moderne voorkoms wil skep met neon en metaalafwerkings. Kry die sewe tegnieke van oppervlakontwerp onder die knie: papierplak, marmering, monodrukwerk, kleur en bleiking, en stempel-, verf- en merkwerk, en maak geskenkbokse,…