MISPLAASTE FILOSOFIE
“Ek het my so vervies,” sê Koos vir sy drinkebroers, “toe ’n ou vir my sê: ‘Toemaar, as die een deur toegaan, gaan ’n ander deur oop.’ ”
“Maar hoekom dan, dit klink baie wys,” vra Piet.
“Want hy’s die ou by die motorherstelwinkel!” antwoord Koos.
Johanna Rademeyer
VORDERING
Op Nuwejaarsdag het ek my mos plegtig voorgeneem om vanjaar 10 kg te verloor. Goeie nuus, ek het net 12 kg om te gaan voor ek my doel bereik!
L. Saayman
SPEKSKIETPRAATJIES
’n Leeu, ’n gorilla en ’n hoender raak aan die spog. “Ek is so vreesaanjaend, as ek op my bors slaan, staan almal terug,” begin die gorilla.
“Dis niks, as ek brul, hardloop almal weg,” laat hoor die leeu.
“Ha!” kekkel die hoender, “as ek nies, is…