HULLE was al in Oostenryk, Engeland, Namibië, Lesotho, Madagaskar en Dubai – eintlik te veel plekke om op te noem.
Suid-Afrika het hulle ook al platgetoer: die Wes-Kaap, die Kalahari, Namakwaland, die Karoo, die Laeveld, die Hoëveld.
Reisavonture is nog altyd HENNIE en NICOLE BOS-MAN, aanbieders van die kykNET-reisprogram Wanderlus, se heel grootste liefde.
Maar nou het dinge verander. Wel, vir eers.
Want sedert hulle in Augustus drie geword het, het Heidi – die dogtertjie wat van hulle ouers gemaak het – hulle grootste avontuur geword.
Klein Heidi groei dat dit bars, vertel ’n trotse Hennie (37) oor hul dogtertjie wat pas drie maande oud geword het.
“Kyk, sy presteer bogemiddeld as dit by groei kom!” spog hy.
Die kleinding is op 19 Augustus gebore en weeg nou reeds ’n…